Amazing Grace Ministries

The Spirit of the Lord GOD is upon me

Die Goue Arende het n baie suksesvolle jaar agter die rug waarvoor ons die Here innig dankbaar is. Ons het met n bus die Bo Kaap gaan besoek en is deur die Museum en die geskiedenis rondom dit. Kon daarna by Atlas speserye koop en resepte kry. Daar was n mediese oggend met Inge Burger wat oor dimensia kom gesels het en baie insiggewend was. Elke maand het ons n spesiale dag gereël en ons sluit volgende week die jaar af met n Ontbyt by Elmarie Mohr op hul plaas in Phillipi.

Vir volgende jaar beplan ons weer n paar interessante oggende soos bv: Inligting sessie oor die olies deur Pastoor Karin. Karakter trekke van verskillende stamme. Mediese Oggend. 'n Fliek oggend asook n speletjies oggend end an n Uitstappie na Salem Bybelse tuin in die Paarl.

Read more ...

Ons het ook met leedwese afskeid geneem van 2 van ons Goue Arende wat oorlede is naamlik: Bettie Botha & Ruth Snyders.

Die Goue Arende se afsluiting op die plaas by Robin en Elmarie Mohr was net een groot fees. Die dames is oorversadig huis toe en het n draai in die stoor gemaak en heerlike vars groente gekoop om saam te neem huis toe! Robin het ook sy visse vir hul gewys wat hy kweek en hul het heerlik tussen al die verskille tenke geloop en dit terdeë geniet.

Read more ...

Follow Us

Vision

To preach the uncompromising Gospel of Jesus Christ, to the broken the lost and the destitute.

Learn More