Die Goue Arende het n baie suksesvolle jaar agter die rug waarvoor ons die Here innig dankbaar is. Ons het met n bus die Bo Kaap gaan besoek en is deur die Museum en die geskiedenis rondom dit. Kon daarna by Atlas speserye koop en resepte kry. Daar was n mediese oggend met Inge Burger wat oor dimensia kom gesels het en baie insiggewend was. Elke maand het ons n spesiale dag gereël en ons sluit volgende week die jaar af met n Ontbyt by Elmarie Mohr op hul plaas in Phillipi.

Vir volgende jaar beplan ons weer n paar interessante oggende soos bv: Inligting sessie oor die olies deur Pastoor Karin. Karakter trekke van verskillende stamme. Mediese Oggend. 'n Fliek oggend asook n speletjies oggend end an n Uitstappie na Salem Bybelse tuin in die Paarl.

Die Goue Arende het November 2015 met 5 lede begin en ons maak klaar vir afskeids ontbyt vir 60 persone, waarvan die Goue Arende omtrent 50 is.

Dis n geseënde, goed gebalanseerde groep wat mooi saamwerk en mekaar lieflik ondersteun. Ons deel in almal se lief en lee den Jes 61 bly ons leuse! ‘TO HEAL THE BROKEN HEARTED”